Fietsry is die gebruik van fietse vir vervoer, ontspanning of vir sport. Fietsry is 'n baie effektiewe vervoermiddel vir kort- na middelafstande. Fietsry hou baie voordele in in vergelyking met motorvoertuie, bv. goeie oefening, 'n alternatief vir die gebruik van nie-hernubare energiebronne, geen lug- of geraasbesoedeling, verminderde verkeersdruk, maklike parkering ens.